Home

Fly/Drive reizen

Groepsreizen

Speciale Aanbiedingen

Brochure Aanvragen

Info en Voorwaarden

Fotogalerie

 


Vorige Pagina
indicator_hits

Kennismakingsreis Deur Suid-Afrika

21 daagse Reis Zuid-Afrika

Tijdens deze rondreis maakt u kennis met de Zuid-Afrikaanse bevolking, gewoonten en keuken. Men kan ook zeggen dat dit een "kennismakings reis" is. Om u alvast in de stemming te brengen, hebben wij het reisschema in het Afrikaans vermeld. U krijgt meteen een inzicht in deze rondreis.

Deze route wordt als begeleide reis uitgevoerd (met een Zuid-Afrikaanse gids) of u kunt de route als selfdrive doen (dus zonder excursies of gids). Bij de selfdrive krijgt u op dag 2 een huurauto bij uw accommodatie afgeleverd en deze levert u (dag 11) op Durban luchthaven in. Na aankomst op Port Elizabeth luchthaven staat de volgende huurauto voor u klaar. Inleveren op Kaapstad luchthaven (dag 20). De enkele reis kosten voor de auto zijn reeds in de reissom opgenomen.

REIS INFORMATIE

Hierdie reis langs die hoogtepunte van Suid-Afrika is vir u saamgestel deur Suid-Afrikaners wat die land deur en deur ken en met trots aan u bekendstel – u kan daarvan seker wees dat ons u die mooiste plekkies gaan laat sien en beleef!  Die reis neem u na wildparke, die natuurskone Panorama-roete met die Blyderivier Canyon, God’s Window en ander skitterende uitsigpunte, die majestueuse Drakensberge, Swaziland en Kwazulu-Natal, die Tuinroete, die wynroete en eindig in die Moederstad – Kaapstad.

Benewens die natuurskoon, die dierelewe en die verskeidenheid van kulture, val die klem grootliks op gasvryheid, dié uitstaande kenmerk waarvoor Suid-Afrikaners bekend is.  U gaan dan ook meestal tuis in gesellige “gastehuise”, wat omskryf kan word as privaat huise, gewoonlik met 6-8 en-suite kamers, smaakvol ingerig en deur die eienaars self bedryf. Elke akkommodasie is van hoogstaande gehalte en met sorg deur ons uitgekies, en die eienaars is aan ons persoonlik bekend.  U maak dus kennis met die mense van die land self, en u gasheer of gasvrou staan u met raad en daad by en vertel u van allerlei interessante gebeure in die omgewing. Die tempo van die reis is rustig en u oornag meestal tweemaal op dieselfde plek.

Berei u alvast voor op die reis van u lewe – ons gaan dit vir u waar maak! 

Reisprogram

Dag 1 KLM vlucht Amsterdam - Johannesburg

De KLM voert rechtstreekse dagvluchten uit naar Johannesburg en hierdoor komt u rond 22.00 uur aan op Johannesburg luchthaven. Het is ook mogelijk om deze reis in Brussel te starten en eindigen. U vliegt dan op basis van een South African Airways ticket Brussel - Londen - Johannesburg (overstappen). Hierdoor worden de tickettoeslagen aangepast.

Indien u al een ticket heeft, is het mogelijk om alleen het rondreis deel van het programma te boeken m.a.w. u start in Johannesburg.

Dag 1

Aankoms in die aand, Johannesburg Internasionale Lughawe. U word persoonlik ontmoet deur die familie van Nieuwkerk of hulle medewerkers. Transfer na Pretoria.
Oornag: Gesellige “gastehuis” / lodge in Pretoria, bv Natanja. Etes ingesluit: Geen.
Nota: ‘n Gastehuis is ‘n verblyfplek / huis wat deur die eienaars self bedryf word, met gewoonlik 6-8 goed ingerigte en-suite kamers. Die gastehuise wat Exclusiv Safaris gebruik is almal persoonlik deur ons uitgesoek en is almal van ‘n hoë standaard (3 tot 4 sterre).

Dag 2

Na ontbyt vertrek u via Johannesburg -  “Egoli” -  die stad van goud! – na Soweto. Dit is die grootste swart woongebied in Suid Afrika. Hier kan u kennis maak met die plaaslike inwoners. U besoek ook die Hector Pietersen Museum in Soweto, opgedra aan die slagoffers van die 1976 opstande in Soweto. Na ‘n tradisionele middagete  in die “township” neem u gids u na Pretoria vir ‘n stadstoer. U besoek die Voortrekkermonument, Kerkplein en Paul Krugerhuis.
Oornag: Gastehuis Pretoria. Etes ingesluit: Ontbyt Gastehuis Pretoria. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 3

U vertrek met die N4 via Witbank en Middelburg na Mpumalanga. Hier begin die Panorama-roete: u besoek Dullstroom en Lydenburg, en reis dan verder na Sabie, die sentrum van die bosbou in SA. Na ‘n besoek aan een van die talle watervalle in die area, ry u verder aan na Pelgrimsrus, ‘n dorpie wat met die goudstormloop in die 1800’s bekend geword het. Die dorpie het net so behoue gebly en is ‘n historiese gedenkwaardigheid! Vandag se reis eindig in die mooi klein dorpie Graskop.
Oornag: Graskop Hotel. Etes ingesluit: Ontbyt Gastehuis Pretoria. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 4

U volg die Panorama-roete verder: Blyderivier Canyon met uitsigpunte soos God’s Window en die Drie Rondawels; u besoek ook die Bourke’s Luck Kolkgate. U sal nou verstaan waarom die roete so genoem word!  U gaan laatmiddag die bekende Nasionale Kruger Wildtuin  binne by die Orpen-hek. Wildbesigtiging op pad na u ruskamp.
Oornag: Olifants of Satara Ruskamp. Etes ingesluit: Ontbyt Graskop Hotel. Ete vir u eie rekening: Middagete, aandete.                           

Dag 5

Volle dag wildbesigtiging in die Krugerpark van noord na suid. Kyk of u die Groot Vyf kan

raaksien: Olifant, Buffel, Renoster, Luiperd, Leeu. Vanaand gaan u op ‘n nagrit in ‘n ope 4x4

voertuig om die nagdiere op te spoor.
Oornag:
Onder-Sabie of Skukuza Ruskamp

Etes ingesluit: Ontbyt ruskamp. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 6

Volle dag wildbesigtiging in die Krugerpark. Opsioneel: “sundowner” nagrit vanaf die kamp.
Oornag: Onder-Sabie of Skukuza Ruskamp. Etes ngesluit: Ontbyt ruskamp.  Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 7

Vroegoggend u laaste rondrit, verlaat dan die Krugerpark. U reis via Hazyview en Nelspruit na die Koninkryk van die Swazi’s – Swaziland. Hier maak u kennis met die vriendelike en kleurvolle Swazi-volk. U besoek die Ngwenya-Glasblasers asook ‘n tipiese Swazi-Markt.
Oornag: Forester’s Arms Hotel of Mantenga Lodge. Etes ingesluit: Ontbyt ruskamp, aandete Forester’s Arms. Etes vir u eie rekening: Middagete.

Dag 8

U reis neem u verder deur Swaziland na die suide. U verlaat die Koninkryk van die Swazi’s en reis deur Kwa-Zulu Natal na die dorpie St Lucia. Laatmiddag gaan u op ‘n gamedrive met ‘n 4x4 ope voertuig in die bekende Hluhluwe Natuurreservaat om na swart- en witrenosters  te soek, en die sonsondergang te bewonder.


Oornag: Anna's B&B of St Lucia Wetlands Gastehuis. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

 

Dag 9

Vandag het u tyd om die St Lucia Meregebied / Wetlands te besoek – UNESCO Werelderfgoed. U maak ‘n boottocht op die St Lucia-meer op soek na krokodille en seekoeie (nijlpaarde!) en honderde verskillende soorte voëls. Daar is ook genoeg tyd om die dorpie te besoek, of na die krokodilplaas (boerderij) te gaan (nie inbegrepe by prys). Hierna ‘n besoek aan ‘n tradisionele Zulu-dorpie, Dumazulu,  om kennis te maak met die Zulu’s se kultuur en leefwyse.
Oornag: Anna's B&B of St Lucia Wetlands Gastehuis. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 10

U neem afskeid van St Lucia, en reis  verder met die kus langs na Umhlanga Rocks.
Oornag: Zeranka Lodge. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 11

U gids neem u na Durban Lughawe vir u

binnelandse vlug na Port Elizabeth. By aankoms in Port Elizabeth word u ontmoet deur u tweede gids vir hierdie deel van u reis. Reis ‘n kort entjie na Oyster Bay Lodge, op die see, met ‘m 3km privé strandfront.
Oornag: Oyster Bay Lodge. Etes ingesluit: Ontbyt, aandete. Etes vir u eie rekening: Middagete.

Dag 12

Vertrek op  die bekende Tuinroete – Tsitsikamma Nasionale Park, Stormsriviermond, Plettenbergbaai. Op pad na Knysna besoek u  die “Groot Boom”, ‘n honderde jare oue geelhoutboom. U reis neem u langs die Tuinroete na Knysna, met sy lagune en “Heads” wat die ingang van die lagune na die see beskerm. U gastehuis is hoog geleë met ‘n fantastiese uitsig oor die hele Knysna Mere-gebied.
Oornag: Russel Hotel of Brenton Hill Gastehuis. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 13

Na ontbyt kan u die Knysna-omgewing verken. In oorleg met u gids kan u verskeie opsionele uitstappies maak: Met die John Benn Ferry na die Featherbed Natuurreservaat, of neem die stoomtrein na Sedgefield. U kan ook die hawe en Waterfront verken, en gesellig op ‘n terrassie sit en koffie geniet! Knysna is ook bekend vir sy mossels en oesters.
Oornag: Russel Hotel of Brenton Hill Gastehuis. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: Middagete en aandete.

Dag 14

U neem die Outeniqua-pas na Oudtshoorn vir ‘n besoek aan die Kango-grotte, ’n enorme druipsteengrottekompleks in die Swartberge. Oudtshoorn is van oudsher bekend om diestruisvogelboerderijen – u oornag ook op ‘n struisvogelboerderij en word vir ‘n rondwandeling geneem deur die eienaar, Bartel. Vanaand is daar struisvogelfilet op die spyskaart!
Oornag: By Karin en Bartel van La Plume Gastehuis. Etes ingesluit: Ontbyt,  aandete. Ete vir u eie rekening: Middagete.

Dag 15

Vandag die asembenemende Swartbergpas – verby die afdraai na “Die Hel”, en verder aan deur die fantastiese Kaapse Plooiingsgebergtes na die klein Karoo dorpie, Prince Albert. Na middagete keer u terug na Oudtshoorn via  Meiringspoort – let op die ongeveer 26 bruggies indie poort wat oor die rivier gaan.
Oornag: La Plume. Etes ingesluit: Ontbyt en aandete La Plume. Ete vir u eie rekening: Middagete.

Dag 16

Na ontbyt neem u afskeid van die plaas, en ry met die skilderagtige Route 62 via Barrydale en Montagu na die Stellenbosch-omgewing. Op die roete begin u al die wingerde (wijngaarden) sien, asook die huise wat in die Kaaps-Hollandse styl gebou is. Vanaand kan u saam met u gids ‘n lekker restaurantjie in die dorp uitsoek vir aandete. Stellenbosch is ‘n eeue-oue niversiteitsstadjie waar u die pragtige Kaaps-Hollandse boustyl by byna al die geboue kan opmerk.
Oornag: Rusthuiz Gastehuis. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: middagete en aandete.

Dag 17

Stellenbosch en omgewing – verken die stadjie te voet, doen inkopies by Oom Samie se winkel, besoek die Dorpsmuseum, of besoek ‘n paar van die bekende wynlandgoedere in die omgewing. Stellenbosch is in 1679 gestig deur die Goewerneur van die Kaap, Simon van der Stel. Die stadjie word omring deur die Simonsberg, Stellenboschberge, Jonkershoekberge, Pieke en die Helderberg. Die Helshoogtepas neem u na Franschhoek, waar die Franse Hugenote hulle gevestig het en met wynbou begin het.
Oornag: Rusthuiz Gastehuis. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: Middagete en aandete.


                 

Dag 18

Ons nader die einde van die reis – in Kaapstad besoek u die Kirstenbosch Botaniese Tuine, asook die stadsentrum met die Kasteel wat deur Jan van Riebeeck gebou is. Indien die weer saamspeel kan u met ‘n kabelkarretjie teen Tafelberg opgaan  (opsioneel). U oornag in Seepunt by ‘n gesellige gastehuis met Suid-Afrikaans-Nederlandse eienaars. Daar is verskeie restaurante in die omgewing.
Oornag: By Kees en Johan van Huijs Haerlem.

Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: middagete, aandete.

Dag 19

Vanuit die “Moederstad” bring u ‘n besoek aan Kaappunt en Kaap die Goeie Hoop. U roete neem u via Houtbaai en Muizenberg na Simonstad, vir ‘n besoek aan die penguinkolonie by Boulder’s Beach. U ry weer terug na Kaapstad via Kommetjie, Vishoek, Constantia en Houtbaai. Vanaand kan u die Victoria & Alfred Waterfront besoek vir inkopies en restaurante te kies en te keur!
Oornag: Huijs Haerlem. Etes ingesluit: Ontbyt. Etes vir u eie rekening: Middagete, aandete.

Dag 20 KLM vlucht Kaapstad - Amsterdam

U laaste dag vir inkopies in Kaapstad! Of ‘n laaste besoek aan Bloubergstrand, waar u pragtige fotos kan neem van Tafelberg. U gids besorg u betyds by die Lughawe vir u terugvlug. Etes ingesluit: Ontbyt by Huijs Haerlem.

Dag 21

Einde van 'n absoluut onvergeetlike reis!

Prys sluit in (begeleide reis) :

  • Persoonlike ontvangs op lughawe
  • Alle akkommodasie soos hierbo genoem, of soortgelyk
  • Alle ontbyte, 4 diners
  • Vervoer in ‘n luukse VW mikrobus met airconditioning
  • Begeleiding deur ‘n gekwalifiseerde Nederlands/Afrikaans-sprekende gids
  • Alle ekskursies en toegange soos bo genoem
  • Alle vlugte

Prys sluit nie in nie:  

  • Ekstra maaltye, alkoholiese drankies
  • Fooitjies – in restaurants 10%, portiere, gids
  • Persoonlike uitgawes bv. Telefoonoproepe
  • Opsionele ekskursies soos bv. Besoek aan krokodilplaas, John Benn Ferry, Choe-Tjoe trein, Tafelberg, Robben Eiland

Onderstaand tarief is exclusief ticket toeslagen : Het totaal bedrag aan toeslagen is afhankelijk van het aantal luchthavens die u "aandoet". Indicatie tarief per ticket : KLM € 350 (route : ams-jnb/dur-plz/cpt-ams), South African Airways € 405 (route b.v. ams-fra-jnb/dur-plz/cpt-jnb-fra-ams), Air France € 385 (route ams-cdg-jnb/dur-plz/cpt-jnb-cdg-ams).

Kennismakingsreis Deur Suid-Afrika (met gids/chauffeur)

Tarieven per persoon
Reissom = Tarief bv € 4575 + tickettoeslagen € 350 = € 4925 x 4 personen

29 aug. -
31 okt. 2010

Privé reis (met gids/chauffeur) op basis van 4 personen

€ 4695

Privé reis (met gids/chauffeur) op basis van 6 personen

€ 3965

Inbegrepen : vliegreis Amsterdam - Johannesburg / Durban - Port Elizabeth / Kaapstad - Amsterdam met Air France of SAA (overstappen) of KLM (rechtstreekse vlucht), rondreis inclusief overnachtingen en maaltijden volgens programma.

Niet inbegrepen : overige maaltijden, verzekeringen, luchthavenbelastingen, reserveringskosten, brandstoftoeslag (= ticket toeslagen ± € 350 per KLM ticket)
(Tarief inclusief overnachtingen + maaltijden voor de chauffeur)

Kennismakingsreis Deur Suid-Afrika (selfdrive)

Tarieven per persoon
Reissom = Tarief bv € 2795 + tickettoeslagen € 350 = € 3145 x 2 personen

29 aug. -
31 okt. 2010

Selfdrive op basis van 2 personen:
Europcar auto groep B

€ 2995

Selfdrive op basis van 2 personen:
Europcar auto groep D

€ 3095

Selfdrive op basis van 4 personen:
Europcar auto groep D

€ 2895

Selfdrive op basis van 4 personen:
Europcar auto groep V

€ 3175

Selfdrive op basis van 6 personen:
Europcar auto groep E

€ 2960

Inbegrepen : vliegreis Amsterdam - Johannesburg / Durban - Port Elizabeth / Kaapstad - Amsterdam met Air France of SAA (overstappen) of KLM (rechtstreekse vlucht), autohuur, overnachtingen en maaltijden volgens programma.
Niet inbegrepen :
overige maaltijden, verzekeringen, luchthavenbelastingen, reserveringskosten, brandstoftoeslag (= ticket toeslagen ± € 350 per KLM ticket)
De autohuur (selfdrive) is op basis van het Classic Max tarief inclusief 1x toeslag extra bestuurder, enkele reis kosten (jnbdur + plzcpt), contractkosten en verzekering. Excl. toeslag Swaziland.

Tour Africa, Postbus 36, 1510 AA  Oostzaan,  tel: 075-6842673  fax: 075-6842750
Speciale aanbieding - Culinaire reis Zuid-Afrika
Speciale aanbieding Mozambique Benguera Island
Speciale aanbieding Breakaway Kaapstad
Speciale aanbieding Kenia Safari Package
Speciale aanbieding Breakaway Johannesburg

 

 

Webdesign: ITEDA Network Solutions